BYBELSE ARGEOLOGIE – 14 APRIL 2019

Deur on Apr 14, 2019

DIE ONTDEKKING VAN ’N GEWIGGIE VIR DIE BELASTINGSKAAL: Argeoloë het twee klein steentjies tussen rommel, onder by die fondasie van die westelike muur van die ou Stad van Dawid, ontdek waarop die woord “beka” gegraveer is. Dié steentjies is gebruik om die tempelbelasting van ’n halwe sikkel silwer te weeg wat alle mans van twintig jaar en ouer moes betaal om die heiligdom te onderhou (Eks. 38:26). Die steentjies dateer uit die Eerste Tempeltydperk (±1000-586 v.C.) en is dus van groot betekenis. Een van die steentjies se skrif lees agterstevoor en kan in ’n spieël reg gelees word. Wanneer die gegraveerde kant van dié “beka”-steentjie op was of klei afgedruk word, lees die skrif reg. Dit moes dus as ’n stempel gebruik wees om as bewys te dien dat iemand sy belasting betaal het. Dié steentjie, en ander soortgelyke voorbeelde daarvan, moes gebruik wees om van die oudste voorbeelde van kwitansies te skep.

Laai hier af

Lêer Beskrywing Lêergrootte
mp3 RDF-190414 INSETSEL 2 Ds Neels Van Tonder 6 MB

Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Current track

Title

Artist