fbpx

BYBELSE ARGEOLOGIE – 12 MEI 2019

Deur on Mei 15, 2019

NUWE ONTDEKKING OOR DIE MESASTEEN: Die Mesasteen is ’n ou Moabitiese klip wat uit ongeveer 840 v.C. dateer. Bedoïene het die klip beskadig toe hulle dit warm gemaak en met koue water probeer oopbreek het omdat hulle gedink het dat daar goud in was. Dié steen het ’n inskripsie daarop met belangrike buite-Bybelse inligting oor koning Mesa se weergawe van sy rebellie teen Israel nadat koning Agab dood is. Nuwe navorsing het nou aan die lig gebring dat die erg beskadigde reël 31 verkeerd ontleed is en nie as die “huis van Dawid”gelees moet word nie, maar na koning “Balak” verwys wat Bileam wou huur om die Israeliete teen vergoeding te vervloek. Hierdie waarneming is baie belangrik. As hierdie interpretasie reg is, het navorsers nóg ’n bewys gekry van iemand wat in die Bybel genoem word en werklik bestaan het.

Laai hier af

Lêer Beskrywing Lêergrootte
mp3 RDF-190512 INSETSEL 2 Ds Neels Van Tonder 7 MB

Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Current track

Title

Artist