BYBELSE ARGEOLOGIE – 10 MAART

Deur on Mrt 10, 2019

JONA EN DIE VIS IN ’N SINAGOGE IN GUKOK UITGEBEELD:In Gukok, aan die noordwestelike kant van die See van Galilea, is ’n ou Joodse sinagoge ontdek met talle mosaiekinsetsels waarin motiewe van Bybelse verhale uitgebeeld word. Een van die opspraakwekkende ontdekkings is ’n toneel waarin Jona en die vis uitgebeeld word. Die toneel wys hoedat Jona reeds deur ’n vis ingesluk word. Net sy bene steek nog by die vis se bek uit. Agter die vis verskyn ’n tweede en nog gróter vis wat besig is om die vis met Jona in sy bek in te sluk. ’n Derde, en selfs nóg groter vis is dan besig om óók van agter af dié twee visse in te sluk. Wat die betekenis van dié uitsonderlike toneel is, beloof om baie interessante inligting te bied oor die vroeë Christene se verstaan van die Ou Testament en ou verbond.

Laai hier af

Lêer Beskrywing Lêergrootte
mp3 RDF-190310 INSETSEL 2 Ds Neels Van Tonder 7 MB

Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Current track

Title

Artist