1 e olyfolie

1 middelslag ui fyn gekap

1 selderystingel,  fyn gekap

1 e fyngekapte pietersielie

500g goeie gehalte boerewors

200 g dagoud brood in blokkies gesny (4 – 5 dagoud broodrolletjies)

1 t veggie speserye

2 eiers

½ t mosterdpoeier

1 ¼ kop afgekoelde groente aftreksel

Sout en peper na smaak

Botter

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180º C en smeer of bespuit ‘n oondvaste bakskottel met ‘n deksel,  en hou dit eenkant.
  2. Soteer die die gekapte ui, fyn gesnipperde seldery en pietersielie in die olie.
  3. Voeg die boerewors nou hierby en braai tot bruin en gaar, maar nog sappig …. Nie te droog nie, want onthou die wors gaan nog ‘n rukkie bak in die oond.
  4. Sny intussen die dagoud brood op in blokkies.
  5. Sny die gaar wors in 3 cm stukke en plaas dit saam met die gesoteerde uie, seldery en pietersielie  in ‘n mengbak.
  6. Skep so 4 eetlepels van die uitgebraaide olie af en meng dit met die broodblokkies.  Geur dit verder met die veggie speserye.
  7. Meng vervolgens die broodblokkies, wors en ander bestanddele en geur dit liggies met sout en varsgemaalde swart peper.
  8. Klits die eiers en mosterdpoeier liggies en voeg dit by die groenteaftreksel en giet dit bo oor die brood en wors mengsel.
  9. Stip die gereg met ‘n bietjie botter, plaas die deksel op en bak vir 40 minute in die voorverhitte oond  van 180ºC.
  10. Verwyder die deksel en bak oop vir ‘n verdere 5 minute.
  11. Garneer die gereg met gekapte pietersielieblare en ‘n kersietamatie.
  12. Sit die geurige gereg warm uit die oond voor saam met ‘n slaai van u keuse en ‘n skeppie geurige blatjang!
  13. Die broodblokkies is geurig en romerig saam met die worsstukkies en die boonste gedeelte bak heerlik bros!