fbpx

Beste Julius….

Deur on Sep 30, 2019

Nuuskommentaar 27 September

Ek hoor jy wil die naam van die Sabie-wildreservaat verander. Ja, die plek het nie my naam gedra toe ek dit in 1898 begin het nie. Ek sou sulke menseverheerliking nie duld nie, want die eer vir groot dinge kom nie mense toe nie. Toe jy 13 jaar oud was, is jy met ’n vuurwapen na Chris Hani se begrafnis toe, omdat jy ’n oorlog wou hê. Ek was pas 11 jaar oud in 1836 toe ek saam met 35 manne ’n aanval van 5 000 Matabeles op ons wa-laer by Vegkop moes afweer. Toe jy 13 jaar oud was, is jy met ’n vuurwapen na Chris Hani se begrafnis toe, omdat jy ’n oorlog wou hê. Daar het twee van ons manne en 184 van ons aanvallers gesterf. 50 000 van ons kleinvee en 5 000 beeste wat ons uit die Oos-Kaap saamgebring het, is weggevoer. Anders as wat jy dikwels vir jou mense vertel, was alle swart mense nie destyds in vyandskap met alle wit mense nie. Destyds was die Tswana-mense van die Barolong-stam ons vriende en hulle het ons gehelp om ons vee terug te kry.

Slegs 16 maande later was ek ’n seun van 12 jaar oud en ons trekgeselskap het aan die voet van die Drakensberge uitgespan. Dit was vroegoggend, so omtrent dagbreek toe ons skote gehoor het, maar toe dit ligter word, het ’n perderuiter by ons aangejaag gekom en die verskriklike tyding gebring dat ’n klomp mense byna heeltemal uitgemoor is deur die Zoeloes. Ons het verskriklike tonele daar gesien. Die veld was wit van die vere wat die moordenaars uit die beddegoed van die waens geskud het. Daar was skape wat lewendig oopgesny is en manne, vroue en kinders is op die gruwelikste wyse vermoor. Daar is daardie nag byna 600 mense van ons trekgeselskap doodgemaak. Ons het nie weggehardloop nie. Baie van ons vyande, waaronder die Matabeles en die Zoeloes, het later ons vriende geword. Baie van ons vyande, waaronder die Matabeles en die Zoeloes, het later ons vriende geword. Julius, ek wil jou ook vertel van my goeie swart vriend Dawid. Ek het hom leer ken as ’n Christen toe ek later naby Rustenburg geboer het. Hy het onder die swart volkere gearbei deur die evangelie te verkondig. Baie stamme wou hom doodmaak en dan het hy na my gevlug vir beskerming.

Een môre vroeg het hy, ná so tien dae se verblyf, in trane by my aangekom en gesê: “Meneer, ek sal tog maar loop om die boodskap van Jesus onder die mense te gaan vertel. Ek weet nie wanneer die Here sal kom nie, vanaand of môre, en hier lê ek. Wat sal ek sê as die Here môre kom?” Ek het vir hom gesê die mense wil nie die Bybel hê nie. Hulle sal hulle nie bekeer nie en hom net doodmaak. Maar hy het net gesê: “Meneer dit is nie my werk om hulle te bekeer nie. Dis die Here se werk. Ek moet maar net vertel. My tyd is kort.” Dawid se volharding het my besonder verleë laat voel oor my eie ongeloof. Van name gepraat, my naam onder die swart mense van die ou Transvaal was Mamelodi. Omdat ek lief was vir die natuur kon ek voëlgeluide namaak en só het ek my bynaam gekry. Ek hoor die township oos van Pretoria dra ook nou die naam. Julius, ek skryf vir jou omdat ek glo wie vir hom ’n toekoms wil skep, mag die verlede nie uit die oog verloor nie. Soek daarom eerder in die verlede al die goeie en skone wat daarin te ontdek is, vorm daarna jou ideaal en verwesenlik dan die goeie.

Groete, Oom Paul

Hierdie “brief” bestaan uit ’n samestelling van vry vertalings uit Paul Kruger se gedenkskrifte en ander stukkies geskiedenis, saamgestel deur Willie Spies, ’n prokureur in die regsfirma Hurter Spies Ing. en voorsitter van Pretoria FM.


Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Current track

Title

Artist