Author: Sarina

Vryheid is nodig vir veiligheid en voorspoed Die Oostenrykse denker, Karl Popper, het gesê dat vryheid noodsaaklik is om veiligheid en voorspoed te verseker. Popper het die belangrikheid van vryheid benadruk in ʼn tyd wat totalitêre ideologieë soos kommunisme en nazisme die vryheid van lande, volke en persone bedreig het. Die geskiedenis van die twintigste […]

14 Februarie 2019 Die Sibanye-Stilwater-myn sê hy sal bykans 6000 poste besnoei in ‘n poging om sy sukkelende goudmyn werksaamhede te herstruktureer. Die bedryf word tans lamgelê deur stygende kostes, arbeidsonluste en die afname in grade. Die edelmetaalmyn sê hy het gesprekke met aandeelhouers oor die herstrukturering van sy goudoperasies na die finansiële verliese wat […]

Die DA se onderrok skyn steeds deur Omtrent ‘n maand gelede is die Suid-Afrikaanse politiese sfeer op sy kop gekeer deur die bedanking van die Demokratiese Alliansie se hoof van beleid, Gwen Ngwenya.  Alhoewel die redes wat sy vir haar bedanking aangevoer het skokgolwe deur die DA se interne strukture moes stuur, sou die optimis, […]

Amerikaanse wetmakers het ‘n voorlopige ooreenkoms bereik om befondsing vir president Donald Trump se Meksiko-grensmuur te verskaf, maar het gister gewag om te sien of hy die kompromie sou aanvaar en die dreigement vir ‘n regeringsluiting te kanselleer. Die begroting wat vir die muur se bou deur Republikeinse en Demokratiese wetmakers goedgekeur is, beloop 1-komma-4-miljard-rand. […]

PRETORIA FM: NUUSKOMMENTAAR 13 Februarie Hoe kwesbaar is Noord- en Suidpole en ons –  weens aardverwarming? Die wegsmelt van Antarktika kan nie meer gestop word nie. Dit is die gevolgtrekking van verskeie spanne wetenskaplikes wat die afgelope 25 jaar onafhanklik van mekaar studies gedoen het, en nou hul gegewens bymekaar gegooi het om ’n meer […]

Nuuskommentaar: 12 Februarie 2019 So neem jy eienaarskap van jou geskiedenis en jou toekoms  Op 16 Desember 1913 word die beeldegroep by die Vrouemonument onthul. Die monument is, soos baie monumente van daardie tyd, opgerig met klein bydraes uit die volk. `n Verarmde volk met die vernietiging van die oorlog nog vars in hulle gedagtes. Daar kan maklik gevra word waarom hulle bereid was […]

12 Februarie 2019 Die DA se kandidaat vir die burgemeesterspos in die Tshwane-metro, Stevens Mokgalapa, is as die nuwe burgemeester van die metro aangewys. Sy woordvoerder, Sam Mgobozi, het die nuus aan klankkoerant bevestig Mokgalapa volg Solly Msimanga op, wat as burgemeester bedank het om op sy veldtog vir die premierskandidaatskap van Gauteng te fokus. […]

12 Februarie 2019 Die damvlakke in die Wes-Kaap het die afgelope tyd aansienlik gedaal en van die grootste damme se vlakke het met selfs meer as 2% gedaal. Die gemiddelde vlak van die provinsie se damme was gister op 45,7% en die vlak van Kaapstad se damstelsel het tot 56,89% afgeneem. Kaapstad se gemiddelde watergebruik […]

11 Februarie 2019 Een van die leerlinge wat ernstig beseer is toe ‘n loopbruggie by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark op verskeie leerlinge ingestort het, het ‘n terugslag gehad. Volgens berigte is die graad-8 leerling, Cheverné Duvenhage, weer onder verdowing geplaas en aan ‘n asemhalingsmasjien gekoppel, nadat sy hartkloppings gekry het. Sy word tans in […]

11 Februarie 2019 Eskom het vanmiddag beurtkrag van Fase-2 tot Fase-4 opgeskuif. Dit sal glo tot 10-uur vanaand voortduur. Volgens berigte moet die kragvoorsiener nou 4000 megawatt se elektrisiteit van die kragnetwerk haal. Eskom het gistermiddag skielik vir die eerste keer vanjaar weer met kragonderbrekings begin weens ‘n tekort aan kragopwekkingsvermoë. Die kredietgraderingsagentskap, Moody’s, het […]


Current track

Title

Artist