Author: Karen

Landbou kan binne een jaar die oplossing bied vir beurtkrag. Ons vind uit by Agri SA se voorsitter oor Ekonomie en Handel van hul Sentrum vir Uitnemendheid, Nicol Jansen Later in die program: Verskeie boere juig oor die lekker reën wat die afgelope tyd oor groot dele van die land uitgesak het. Ons praat met […]

Die huidige elektrisiteitskrisis in Suid-Afrika, is op almal se lippe.  Ons besin vandag oor die uitwerking van beurtkrag op die landboubedryf. Aan die woord is die Adjunk-Hoofbestuurder: Beleidskakeling van TLU-SA, generaal Chris van Zyl Later in die program: ‘n Tydjie gelede was Ivor Price-hulle hier in die ateljee oor hulle opwindende projek, Food for Mzansi. […]

Ds. Jannie Bisschoff van die AP-kerk Gordonia, Upington

In die laaste gesprek met Riana Mulder oor die boek ‘Deur Dik en Dun’ gesels sy oor bekende vroue uit ou Pretoria en deel ‘n resep vir Queen Cakes.

Russell  du Preez se twee passies is ekonomie en om besighede te stig.  Vandag is hy die eienaar van Russell Stone Group,  die moedermaatskappy van 35 maatskappye wat oor die afgelope 15 jaar opgebou is. In Sakeprofiel gesels Elsje van Jaarsveld met Russell du Preez oor sy beginsels en lewensfilosofie.  

Die noodsaaklikheid van privaat tersiêre onderrig in Suid-Afrika. Spreker in die ateljee is Prof. Alwyn Louw – President van Monash SA

Ds Pieter le Roux van die Gereformeerde Kerk Wonderboompoort

’n Splinternuwe konsep om lewende hawe aanlyn te verhandel, is gister ná maandelange intensiewe beplanning met dawerende sukses geloods toe ‘n duisend speenkalwers in minder as 20 minute verkoop is op ’n internetveiling. Ons kry meer inligting by die Direkteur van Beeswinkel, Petrus van Heerden   Hoe sien die landboubedryf in die Vrystaat tans daar uit? […]

‘Eerste Gedagte’ met Alta Strauss – Was jy al ooit vasgevang in ‘n oomblik?

Ds. Schalk Strauss van die AP-kerk se Boodskapper


Current track

Title

Artist