Nuut opgedateerde - Gratis Slimfoon Applikasie  
12:23:10 ---Day: 1
Faan Rabie Middag: 12:00 – 17:00
LUISTER AANLYN:  
 
DSTV Radio Kanaal:887  

Dynamic_Coders

About Dynamic_Coders

This author has not yet filled in any details.
So far has created 328 blog entries.

Augustus 2018

Nuuskommentaar : 24 Augustus

Eiendomsreg is swart en wit, en die woordspeling is aspris

 

Een van die afgelope week se groot nuusgebeure is die aankondiging deur AgriSA dat die ANC toegewyd is om eiendomsreg te beskerm en dat die regerende party oor die impak wat die proses oor grondonteiening sonder vergoeding het op die ekonomie en beleggersvertroue. Hierdie aankondiging kom […]

Nuuskommentaar – 23 Augustus 2018

‘n Nuwe Revolusie

 

In revolusies word die wetboeke nie gevolg ten einde die ommekeer aan die hand van bestaande orde te laat geskied nie.

Die hele aard van ‘n revolusie is dat die ommekeer buite die riglyne van die wetgewende status quo geskied.

Dit is wat van ‘n revolusie ‘n revolusie maak.

Dis met hierdie gegewe as vertrekpunt dat […]

Nuuskommentaar – 22 Augustus

Bly koelkop

 

Die skrywer van Spreuke 15 vermaan ons in die 1983-vertaling van Die Bybel: ‘n Sagte woord keer die grimmigheid af; ‘n krenkende woord laat die toorn ontvlam. Dit is goeie raad in hiredie dae van verhoogde spanning oor die kwessie van onteiening van grond sonder vergoeding.

Die debat oor grond word tans deur onbeteuelde taalgebruik […]

Nuuskommeentaar: 21 Augustus

Rusland neem toenemend belangrike internasionale rol in

 

Belangrike geopolitieke verskuiwings is besig om in die verhouding tussen die grootste wêreldmoondhede en in besonder Amerika, Europa en Rusland plaas te vind. Dit lyk ook meer en meer asof Rusland die groot wenner uit die veranderende magsverhoudings mag wees. Die toenemende uitreik van Europese leiers soos Angela Merkel […]

Nuuskommentaar : 20 Augustus

Steeds min hoop vir ’n Afrika-herlewing

 

Die Afrika-kontinent en sy 54 lande is nie juis bekend vir demokratiese politieke stelsels nie. ’n Aantal gebeure die afgelope tyd het die politieke persepsie oor Afrika in verskillende rigtings getrek. Is Afrika as kontinent besig om in die regte of verkeerde rigting te beweeg?

 

Die onlangse verkiesing in Zimbabwe was […]

Nuuskommentaar: 17 Augustus

Boere die stiefkinders en weerligafleiers

“Boere is keelvol om as weerligafleier te dien vir die mislukte staat wat deur die ANC-regering self geskep is. Kommersiële boere word deur die ANC-regering soos vyande van die staat behandel, terwyl hulle, selfs in swak landbou toestande, nog steeds genoeg voedsel vir die mense van Suid-Afrika produseer.” So sê […]

Nuuskommentaar: 16 Augustus

Tyd om te trek of tyd om te bou?

 

Die afgelope paar maande het Afrikaners goeie rede gehad om mismoedig te wees. Veral die voorgestelde wysiging van artikel 25 van die grondwet om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak is nie juis rede tot positiewe denke nie. `n Paar maande gelede terwyl ons in die […]

Nuuskommentaar: 15 Augustus

Moedertaal

 

Dit raak nou tyd om die kinders in te skryf vir skool aanstaande jaar, en veral ouers wie se kinders aanstaande jaar graad 1 en graad 8 toe gaan, het groot besluite om te neem.

Watter skool moet ek kies? Wat is vir my kind die beste? Watter voertaal dien my kind se belange die beste? […]

Nuuskommentaar: 14 Augustus

Krisis in Turkye is slegte nuus vir almal

 

Sedert die begin van 2018 het die Turkse-geldeenheid, die Lira, reeds 40% van sy waarde verloor. ’n Tweede groot Turkse maatskappy moes verlede week aankondig dat hulle nie meer by magte is om hul skuldverpligtinge na te kom nie en dat hulle ’n herstrukturering van skuld ondersoek. Nog […]

Nuuskommentaar: 13 Augustus 2018

Tema: ‘n Nuwe Afrikaner werklikheid

In 1994 het ‘n nuwe politieke orde in Suid-Afrika begin. Die nuwe politieke orde is deur die Afrikaners op hoofsaaklik drie wyse omhels naamlik, integrasie , emigrasie en die skep van ‘n nuwe Afrikaner werklikheid.

 

Na 24 jaar kan ons seker sê dat die mentaliteit van die magtige Afrikaner nou tot ‘n […]