19:00:49 ---Day: 1
Pienaar Lochner 19:00 – 22:00
LUISTER AANLYN:

ALLERLEI

Francois van Heyningen-huldeblyk

Die radio-wêreld is in rou gedompel na die afsterwe van Francois van Heyningen. Marelize Maré het ‘n huldeblyk saamgestel.

Dine van Zyl se Bolletjiesbrood

POTBROOD BALLETJIES MET BILTONG

Bestandele: Witbrood meel; Kitsgis; Sout; Suiker; Louwarm water; ½ koppie Room; Marmite of Bovril; ½ k fyn gerasperde Biltong.

Gooi die volgende in ‘n mengbak:

1 kg witbrood meel
1 pakkie kitsgis
1 eetlepel sout
2 t suiker

Voeg daarby 2 koppies louwarm water,
Meng alles en gooi 1 eetl kookolie by en meng goed,
Knie tot ‘n stywe deeg of meng met elektriese menger,
Maak toe met ‘n kombers en laat staan vir 2 ure (deeg moenie in ‘n trek staan nie)

Smeer ‘n platboom pot mildelik met kookolie,
Na deeg gerys het, knie effens af en rol balletjies (krieketbal grootte)
Begin met eerste balletjie in die middel van die pot, pak tot pot vol is
Maak weer toe en laat balletjies rys tot dubbel die grootte

Na rysproses:
Meng ½ k room, 2 tot 4 eetl marmite (hoeveelheid hang van smaak af) en ½ k fyn gerasperde biltong saam, gooi oor deegballetjies (maak versigtig spasies tussen balletjies sodat die mengsel kan deurloop)

Kole:
Plaas pot bo-op warm kole en pak kole bo-op deksel Laat staan vir 40 tot 60 min
Gooi brood uit pot, as jy aan die kant van die broodjie klop en dit klink hol is dit gaar
Oond:
Voorverhit oond tot 200° draai na 180° voor broodjie in oond geplaas word
Bak vir 40 – 60 min

Dit Is Pretoria – 1 Junie 2015

In dié program het Dr. Christo Pretorius, Bestuurder Godsdiensprogramme, met Morné Diedericks oor o.m. die studietoer, oftewel die Suid-Tiroolreis in die noorde van Italië, wat hulle meegemaak het, gesels. Morné is verbonde aan AROS, ‘n Christelike tersiêre onderwysopleidingsinstansie vir Afrikaanse studente in Waverley, Pretoria. Hy was op aanbeveling van Solidariteit, Afriforum en die Orania-beweginging saam op die toer wat Dr. Christo o.a. namens Radio Pretoria ook meegemaak het. Die toer spruit uit sterk Suid-Afrikaanse bande wat jarelank tussen dié twee lande bestaan maar intussen verlore geraak het. Die Suid-Tirolers het ná al die jare die Suid-Afrikaners opgesoek en gevra om weer die bande op te neem.

Goeie Vrydag: Meester van die Passie – 3 April 2015

Dr. Christo Pretorius se spesiale program vir Goeie Vrydag handel oor die Johannes- en Mattheus-passie. Marianne Breytenbach is sy medewerker.