15:57:51 ---Day: 1
MD Greyling 14:00 – 16:00
LUISTER AANLYN:

ALLERLEI

Onderwysstelsel: Kallie/Lesufi – 3 Junie 2016

Die Gautengse LUR vir Onderwys, Phanyaza Lesufi, sê hy wil saam met Afrikanerorganisasies soos AfriForum en Solidariteit werk om ‘n onderwysstelsel vir skoliere van alle tale en rasse te skep. Lesufi en AfriForum se HUB, Kallie Kriel, het mekaar gister kaalvuis in ‘n openbare debat in Thembisa gepak oor die hetige skolekwessie. Anton Meijer was daar en doen verslag, waarin ‘n baie interessante insetsel is van die twee manne se warm gesprek.

Stakings & Betogings – MD Greyling en Kundiges – 1 Junie 2016

In programleier MD Greyling se paneelbespreking oor  die onderwerp “Waarheen neem stakings en gewelddadige betogings Suid-Afrika heen” bespreek hy en sy gaste: die Hoofsekr. van Solidariteit, Gideon du Plessis;  Prof. Christiaan Bezuidenhout, ‘n Kriminoloog by die Univ. van Pretoria;  en telefonies met Mia Kruger, ‘n Navorser en Fondsbestuurder by Kruger Internasionaal, in diepte en reguit oor alle aspekte rakende dié aktuele aangeleentheid.

Prof. André Duvenhage – 12 Februarie 2016

Prof. André Duvenhage, politieke ontleder aan die Noordwes Universiteit, Potchefstroom, lewer kommentaar op Pres. Jacob Zuma se staatsrede.  Hy verwag dat die president uit die politiek gaan tree, maar presies wanneer, is nie duidelik nie.  Volgens hom wou Zuma reeds uitree, maar hy word deur ‘n magsblok in plek gehou.

Die Voortrekkervrou – 16 Desember 2015

Die Voortrekkervrou het huis en haard verlaat om vir maande lank haar huishouding uit ‘n ossewa te reël. Sy het storms, droogte, ysige winternagte en moordende somerdroogte getrotseer om by ‘n ideaal uit te kom…om te verseker dat haar nageslag as volk op eie boden kon voortbestaan.  ‘Alet Erasmus het die hoorbeeld saamgestel wat tegnies deur Johan van Zyl versorg is. Sy verwys o.m. na die tapiserieë in die Voortrekkermonument, asook ander insetsels van inligting wat gepubliseer was van GDJ Duvenhage, Alet Murray en mev. Getrouda Groenewald.  Die program word afgesluit met Die Gelofte.