fbpx

Aitsa’s: `n Monument vir Afrikaans

Deur on Okt 3, 2019

Nuuskommentaar 3 Oktober

“Elke nou en dan staan ons op uit `n gat wat vir ons gegrou is deur ons vyande. En nou doen ons dit weer met die Aitsa-toekennings.” Met hierdie woorde het Steve Hofmeyr sy betrokkenheid by die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings aangekondig. In `n latere onderhoud op Pretoria FM sê Steve dat daar op 16 Oktober `n monument gebou word. `n Monument waar ons nie sal toelaat dat sensuur bepaal wie met `n toekenning wegstap en wie optree nie maar waar gehalte alleen die maatstaf is.

2019 was reeds `n interessante jaar. Dit was die jaar waarin Afrikaners politici by die stembus gestraf het wat die onderwyseres, Elana Barkhuizen geboelie het en op die wa saam met Ashwin Willemse gespring en Afrikaners kritiseer het voor al die feite beskikbaar was.

Dit was ook die jaar waarin Afrikaners in groot getalle hulle steun aan AfriForum toegesê het – `n bewys dat gemeenskappe nie bereid is om hulle veiligheid of munisipale dienslewering aan die regering oor te laat nie.

Dit was die jaar waarin Afrikaners se ongelukkigheid die brieweblaaie en sosiale mediaplatforms oorheers het na die grondwethof se uitspraak oor lyfstraf en die gelykheidshof se uitspraak oor die ou Republiekvlag.

En dan, terwyl dit duidelik is dat Afrikaners `n keelvolfaktor vir boelies bereik het, is daar steeds diegene wat die knie buig voor polities korrekte verkramptes en toelaat dat nominasies onttrek en kunstenaars verhoë verbied word. Dit is roekeloos van diegene wat dit toelaat of bevorder om te dink dat hulle steeds op Afrikaners se steun kan reken.  Soos dit roekeloos was van sommige politici om te dink Afrikaners se stemme is vanselfsprekend.

En nou word Afrikaners uiteindelik `n keuse gebied. `n Alternatief op die sensuur waar meriete al is wat tel. Die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings word op 16 Oktober in die Moreletta-ouditorium aangebied en kunstenaars soos Adam Tas, Demi-Lee Moore en Ricus Nel sal daar optree. En ja, Steve Hofmeyr sal daar wees. Tydens die geleentheid gaan die room van Afrikaanse musiek nie net vir hulle bydrae tot die taal bekroon word nie maar word daar ook `n wêreldklasvertoning aangebied. Dit is belangrik om te vermeld dat die beoordelaarspaneel uit `n wye spektrum verteenwoordigers bestaan het met onafhanklike ouditeurs wat `n wakende oog gehou het.

Ons hoef nie meer geboelie te word nie. Ons hoef nie meer daarmee tevrede te wees dat sensuur toegepas word nie. Daar is alternatiewe.

Kry nou jou kaartjies vir die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings by www.itickets.co.za


Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Current track

Title

Artist