Afrikaner, dis jou skuld dat toeriste nie meer in Suid Afrika wil kom kuier nie.

Deur on Jul 11, 2019

Nuuskommentaar: 11 Julie

Die ANC regering laat nie ’n geleentheid verbyglip om die Afrikaner die sondebok te maak vir sy eie mislukkings nie.

Die jongste aantygings kom van die nuwe voorsitter van die parlementere portefeuljekomitee van toerisme, Supra Mahumapelo, wat verlede week in ’n komiteevergadering daarop gesinspeel het dat Afrikaners se vrese oor grondonteiening sonder vergoeding die rede is waarom daar ’n afname is in die aantal buitelanders wat die land besoek.

Praat nou van na strooihalms gryp…

Die kwessie het opgeduik na Toerisme Suid Afrika in sy jaarverslag aangedui het dat die debat oor grondonteiening sonder vergoeding as een van vyf sleutelkwessies geïdentifiseer is, wat “negatiewe persepsies” veroorsaak en ’n invloed het op internasionale toeriste wat Suid-Afrika wil besoek.

Mahumapelo het direk tot die slotsom gekom dat dit die Afrikaner moet wees wat hierdie negatiewe persepsies skep. Dis die maklikste manier waarop hy dit kan rasionaliseer. Dis tog  net die Afrikaner wat bekommerd is oor eiendomsreg wat uitgewis gaan word, en net Afrikaners het vriende en familie in die buiteland…

En die oplossing vir sy probleem? Die staat moet grondonteiening sonder vergoeding net beter aan die Afrikaner verpak en verkoop, sodat ons in ons gesprekke met vriende en familie in die buiteland kan sê dat dit eintlik nie so slegte idee is nie.

Hy ontken dat daar in die breë Suid Afrikaanse samelewing kommer bestaan oor die regering se planne om grond te steel, ook onder die Engelse Suid Afrikaners, ook onder Zulu’s, Xhosa’s en Pedi’s. Hy ontken ook dat die internasionale gemeenskap sy wenkbroue begin lig oor die rigting wat die regering inslaan.

Dit is hoogtyd dat die regering moet erken dat die grondgryp wetgewing verreikende, internasionale gevolge het, ook op die aantal toeriste wat ons land wil besoek.

En nee meneer Mahumapelo, dis nie die Afrikaner se skuld dat ’n toerbus vol Nederlanders in Johannesburg beroof is nie. Dis nie Afrikaners se skuld dat toeriste agtervolg word van ons lughawens af en beroof word nie. Zindzi Mandela, ons ambassadeur na Denemarke, wat so lekker twiet oor grondgrype, is nie ’n Afrikaner nie. Die waarskuwings oor geweldadige betogings en stakings, wat deur konsulate en reiswebblaaie geplaas word is nie weens die Afrikaner se toedoen nie.

Glo my; geweldsmisdaad, vuil strate, onveilige paaie en onvriendelike personeel by toeriste aantreklikhede is veel slegter ambassadeurs as ‘n handjievol Afrikaners wat volgens jou “negatiewe persepsies” uitstraal oor die land.

Hou op om jou eie mislukkings te ontken. Hou op om die skuld op die Afrikaner te pak vir alles wat verkeerd loop. Miskien kan ons dan die toerismebedryf, en die land begin regruk.

Hou so aan, en oor vyftig jaar sal toerisme dalk weer toeneem. Dis nou na iemand ’n dokumentêr a la Chernobyl gemaak het oor Suid Afrika se spookdorpe, en oorsese toeriste selfies wil kom neem voor ou verlate Afrikaner monumente, wat weens die regering se aanhoudende gehamer op die Afrikaner, as kernafval gebrandmerk is.


Laat 'n boodskap
  1. Martie   On   Jul 11, 2019 at 3:27 pm

    Grootste snert ooit….snaaks dis nie OOK apartheid se skuld nie…..dis die WHITE GENOCIDE wat besoekers hier weg hou…PLAASMOORDE ROOF VERKRAGTINGS…..ENS ENS

  2. Hansie   On   Jul 11, 2019 at 4:16 pm

    Ek woon in die buiteland en gebruik elke negatiewe storie, elke plaasmoord, elke verkragting, elke artikel oor korrupsie, elke leuen en enigiets wat ek in die hoofstroom media raaklees om toeriste wat Suid Afrika oorweeg af te raai van die Land. Ek is tans op ‘n 2 week lange vyfster vakansie langs die Middellandse see. As die ANC nie so rasisties was teenoor my en my mense nie en my nie landuit gedryf het nie, sou ek toerisme bevorder het en selfs ‘n toeris in my eie land wou wees. Maar nou moet ek noodgedwonge in Turkye vakansie hou. Ek het al my beleggings landuit geneem en belê in ‘n suksesvolle besigheid.

  3. Jannie   On   Jul 11, 2019 at 4:57 pm

    Die blatant verwysings van sommige swart mense bring net weer na vore die ongeleterdheid en o vermoë on ‘n behoorlike afleiding te maak van wat die waarheid is.

  4. Jandre   On   Jul 11, 2019 at 5:09 pm

    Feel Suicidal?? Take a Safari to South Afric. Sattisfaction Guaranteed! Bring lots of baggage & gifts, we will take good care of it, when you dont need it anymiore.

  5. Johann Muller   On   Jul 11, 2019 at 6:09 pm

    Dalk sal ‘n toeriste inligtings webwerf help. Waar toeriste kan navraag doen oor waar optogte plaasvind en paaie versper word, watter paaie geen kapingsrisiko’s het nie. Waar dit veilig is om jou motor te parkeer as jy iets wil gaan kyk. Waar jy veilig kan slaap. Die klein ou dingetjies wat SA ‘n veilige bestemming maak?

  6. Chris du Plessis   On   Jul 11, 2019 at 8:57 pm

    Dis hoekom dit tot almal in SA se voordeel is as Afrikaners territoriale selfbeskikking kry. Dan staan ons nie langer in die weg van swartes se ontwikkeling in SA nie. #235

  7. Nico   On   Jul 12, 2019 at 2:24 am

    Ek ken beide kante as ‘n eks Suid-Afrikaner en Kanadees. Afrika ‘feature’ glad nie hier nie. Jy vlieg oor drie dae na SA en oor 2 dae terug. 5dae van jou vakansie ‘n gonner. Jy kan nie hier aankom en die volgende dag gaan werk nie. Jy het ‘n dag of twee nodig om te herstel. ‘n Hele week is opgemors net deur die reis. ‘n Suid-Afrika valansie is duurder as wat julle dink. Die gemiddelse mense hier het minder geld as wat julle dink R10 tot ‘n CAD of te not. Dan kom ons nie eers by die geweld en al daardie nonsens nie.

  8. Rina pretorius   On   Jul 12, 2019 at 6:50 am

    Well I dont think anyone with brains will visit south africa anymore. Crime is through the roof and killing rape etc is on the order if the day

  9. Chris Ws   On   Jul 12, 2019 at 8:16 am

    Was in 1999 vir ‘n 5 weke kuier/vakansie in Australie.Hul toerisme bedryf is ongelooflik geolie.Daai mense WEET hoe om toeriste te behandel.Ons land se toerisme bedryf is nie ‘n skaduwee van hulle sin nie en sal nie maklik verbeter nie.

  10. Leon   On   Jul 12, 2019 at 2:31 pm

    Dit is net snaaks dat elke keer as daar n negatiew knak van die ANC se bestuur af is dan word of Apartheid of die Afrikaaner blameer daar voor. Dit is tyd dat die agterbakse ANC sy werk begin doen en ophou die fingers wys na ander partye toe. 25 jaar in bestuur en dit is styl afdraand in n mys skaf af. Well done ANC.

  11. Faan Rademeyer   On   Jul 12, 2019 at 5:09 pm

    As ons praat van Afrikaner, dan is dit die liberale / losbandige nie _ Israel deel wat saam met die liberale Engelse element die selfmoord ja_ stem gebring het om die pad vir die kommuniste oop te maak om S.A. te vernietig. Ons Boervolk het al die pad daar teen gewaarsku. Hef aan lê nog voor. Slaap rustig dapper helde.

  12. Faan Rademeyer   On   Jul 12, 2019 at 5:11 pm

    As ons praat van Afrikaner, dan is dit die liberale / losbandige nie _ Israel deel wat saam met die liberale Engelse element die selfmoord ja_ stem gebring het om die pad vir die kommuniste oop te maak om S.A. te vernietig. Ons Boervolk het al die pad daar teen gewaarsku. Hef aan lê nog voor. Slaap rustig dapper helde.
    Hulle sê dat ek dit al gesê het, maar kan dit genoeg gesê word?
    Plaas dit weer.

  13. Rouaan   On   Jul 12, 2019 at 5:59 pm

    Nou het ek als gehoor,die mense wil NIE meer hier kom toer nie,want nie net is hulle bewus van al die moorde nie,hulle word ook vermoor,en hulle is wel bewus van die geld wat verdwyn,die toeriste het genoeg gehad van die land,hulle is nie meer geintreseer nie,en as die land weer toeriste wil sien,sal hulle drastiese stappe moet doen,om al die geweld hok te slaan,en ophou sit en als na die afrikaner toe gooi,dis nou seker nog die afrikaner wat die boere vermoor ook?????

  14. George Erasmus   On   Jul 12, 2019 at 8:21 pm

    Besef die idioot nie dat as gevolg van die grondgryp en skape se keel afsny op die strand sal mense twee keer laat dink om SA to te kom. Hoekom sal ek bele in n besigheid wat more ooor more oorgevat kan word deur die regering. Die ou lewe in a wnderland van magig mushrooms

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Lees verder

Current track

Title

Artist