Kontreidagboek

Deur on Februarie 8, 2019


Die Girls High gemeenskap van Pretoria kom weer bymekaar om hul jaarlikse Lente Karnaval op Saterdag, 7 September te hou en is die skool se grootste jaarlikse fondsinsameling wat sy eeufees jaar herdenk, en is ‘n hoogtepunt vir Pretoria. Verwag kosstalletjies, speelgoed stalletjies, ‘n tombola tafel, ‘n doedelsakorkes, “gumboot” dansers, musiek optredes, junior sjef kompetisie en vele meer. Ingangsfooie is R10 vir kinders onder 13 en pensioenarisse, R20 vir kinders ouer as 14 en volwassenes.


Diamant4 bied op 7 Sept ‘n Lente Boeremusiekfees aan by Diamant4 Landgoed, Muldersdrift vanaf 10uur die oggend tot middernag.  Eie verversings en cooler box is welkom. Kos is te koop en daar is braai geriewe vir diegene wat wil braai. Kaartjies kos R 80 pp en kinders onder 12 is gratis.  Dra helder kleure asseblief om uiting te gee aan hierdie Lente feestelikheid, daar is pryse te wen.  Drag is semi-formeel, geen kort broeke en plakkies asb.  Verskeie orkeste tree op.
Vir meer inligting Skakel Theo by 083 645 3931.

Die NG Kerk Charl Cilliers bied op 7 Sept ‘n Biddag vir Boere in Nood,  Die Kerk wil graag hiermee vir die Boere kom intree, die boere beteken baie vir ons in die land sowel as in die omgewing, dit is nie net die boere wat geraak word nie, maar ook die besighede wat dienslewering doen aan die boere. Vir meer inligting skakel Dr Bennie Marais by 076 913 4861.


Die NG Gemeente in Groenkloof bied op 7 September ‘n boeresport kermis aan by Van Wouwstraat 75 in Groenkloof. Kom geniet ‘n dag van pret saam met ons, heerlike lekkernye en feestelikhede gaan te koop wees. Besoek gerus ons webwerf www.nggroenkloof.net vir meer inligting.

Wollies Diereprojek hou ‘n “Sleepathon” op 7 September, Pak jou slaapsak en kussing en geniet ‘n aand by Wollies Diereprojek saam met die honde en katte binne hulle skuilings.  Jy word uitgedaag om die aand die geselskap van die diere te geniet. Die meerderheid honde en katte weet nie hoe dit voel om by ‘n mens mamma en pappa te slaap nie, so maak hulle drome waar. Dit is Wollies se “Sleepathon” op Saterdag, 7 September. Vir meer inligting, skakel  072 439 9555  of  079 916 4602.

Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans, die ATKV-tak Tonteldoos hou hulle jaarlikse Lentekonsert, hulle nooi alle belangstellendes uit na die  verskeidenheidskonsert wat plaasvind in die NG Kerk Faerie Glen om 15:30 op 11 Sept.  Affies Meisies se strykensemble, Simfonetta en verskeie sangkunstenaars soos Alta van Huyssteen, Chris Mostert en Linette van der Merwe gaan optree.
S le Roux Marais se toonsettings van bekende digters soos Jan FE Cilliers, AG Visser en NP van Wyk Louw gaan opgevoer word deur dié begaafde sangkunstenaars. Toegang: donasies

WERKSGELEENTHEDE

PRETORIA FM – 4 SEPTEMBER 2019

WERKSGELEENTHEDE

Bemarking/Verkoopsbestuurder

  • Geen ondervinding benodig nie;
  • Opleiding sal voorsien word;
  • Jongman met sober gewoontes;
  • Afrikaans en Engels sprekend;
  • Basiese salaris plus kommissie;
  • Verblyf en etes kan voorsien word;
  • om so gou as moontlik te begin.

Stuur verkorte CV na:

Boetfourie1@outlook.com

_________________________________________________________________

Huishulp gelëe in Silverton

  • Betroubare dame word gesoek vir ‘n huishulp twee dae per week;
  • Wasgoed was;
  • Huisskoon maak;
  • Vensters was; ens.

Kontak:

San Kok                     Sel: 078 589 9882


George het sy sig verloor en benodig die dienste van ‘n enkellopende dame as huishoudster.

Pligte sluit die volgende in:

– Kos kook;

– Huis skoonmaak;

– Begelei na die kerk en winkels.

Die persoon moet met goeie Christelike waardes;

Nie Roker en nie drinker;

Verblyf sal verskaf word;

Tussen die ouderdom van 45 – 60 jaar oud wees.

Salaris sal bespreek word in onderhoud.

Vir verdere inligiting kontak:

George                                 Sel: 082 621-1898

Tanya                                     Sel: 073 452-4219

Die Hoffeldt motorgroep het ‘n paar werksgeleenthede beskikbaar. Vir meer inligting skakel:

013 932 6400

marais.ilseme@gmail.com
Boodskap: Geregistreerde Verpleegkundige op soek na werk in babasorg, kindersorg of bejaarde sorg(tuisversorging in Pretoria- oos.) Beskikbaar vanaf Maandae tot Vrydae. Kontak Ilse 0827890798

Lasarus Tuisversorgers is opsoek na studente om opgelei te word om na bejaarde pasiente om te sien. Skakel vir meer inligting : 082 066 5654.

POS BESKIKBAAR:  AKTE VERVAARDIGER

PROKUREURS FIRMA:  RANDHART, JOHANNESBURG-SUID, GAUTENG

PERMANENTE BETREKKING OM SPOEDIG DIENS TE AANVAAR

SALARIS:  ONDERHANDELBAAR

VEREISTES:

Toegelate Prokureur en Akte vervaardiger

5 + Jaar kennis as Akte vervaardiger (transporte en verbande)

OM AANSOEK TE DOEN VIR HIERDIE BETREKKING, STUUR OPGEDATEERDE CV IN WORD FORMAAT EN KWALIFIKASIES IN PDF AAN:  este@avatarhr.co.za

LOCUM DOKTER DRINGEND BENODIG (MEDIESE PRAKTISYN)

MEDIESE PRAKTYK – PRETORIA OOS

SATERDAE:  08H00 – 12H00

VEREISTES:

 MBCHB Graad

 Geregistreer by HPCSA

 Onafhanklike Praktisyn

 Ten volle tweetalig in Afrikaans en Engels

PAKKET / VERGOEDING: (Onderhandelbaar) per uur

OM AANSOEK TE DOEN VIR HIERDIE POS, STUUR OPGEDATEERDE CV’S IN ‘WORD FORMAAT’ ASOOK KWALIFIKASIES / SERTIFIKATE / GRAAD MET  VERWYSINGS NOMMER (LOCUM-GP) AAN: este@avatarhr.co.za

POS BESKIKBAAR:  SENIOR SAGTEWARE INGENIEUR

MAATSKAPPY:  SANDTON, GAUTENG

PERMANENTE BETREKKING OM SPOEDIG DIENS TE AANVAAR

SALARIS:  (ONDERHANDELBAAR) + voordele

OM AANSOEK TE DOEN VIR HIERDIE POS STUUR OPDATEERDE CV’S IN ‘WORD FORMAAT’ AAN:  admin@avatarhr.co.za

POS BESKIKBAAR:  AKTE TIKSTER (VERBANDE)

PROKUREURS FIRMA:  HAZELWOOD, PRETORIA, GAUTENG

PERMANENTE BETREKKING OM SPOEDIG DIENS TE AANVAAR

VEREISTES:

5 + Jaar kennis van Verbande:  NEDBANK, STD EN ABSA BANK

Rekenaar vaardig: GhostConvey, GhostPractice, E4, Webconvey, Word, Excel, Outlook office

OM AANSOEK TE DOEN VIR HIERDIE BETREKKING: STUUR OPGEDATEERDE CV’S IN ‘WORD FORMAAT’ AAN: este@avatarhr.co.za

POS BESKIKBAAR:  ONTVANGSDAME

PROKUREURS FIRMA:  MENLYN, PRETORIA, GAUTENG

PERMANENTE BETREKKING OM SPOEDIG DIENS TE AANVAAR

SALARIS:  (ONDERHANDELBAAR)

VEREISTES:

2 + Jaar kennis / ondervinding as Ontvangsdame by ‘n Prokureurs Firma

Uitstekende telefoon etiket

Rekenaar vaardig

OM AANSOEK TE DOEN VIR HIERDIE BETREKKING: STUUR OPGEDATEERDE CV’S IN ‘WORD FORMAAT’ AAN: este@avatarhr.co.za

 Mack is opsoek na nutsmanne

Kontak: Mack – 076 939 7300/ WhatsApp/SMS:  076 939 7300

REUNIES

Ons hou ‘n 50 jaar reunie vir die matrieks van 1969 van die ou Johan Jurgens Handelskool in Springs. Die funksie word gehou op 2 November 2019 in Springs en belangstellendes kan Juliana Murray (van den Berg) skakel of e-pos vir meer inligting: 083 788 5651 / juls@blueeyes.co.za

Die matrieks van Hoërskool Delmas van 1974 se 45 jaar reünie vind eersdaags plaas. Die 1974 matrieks van Hoërskool Delmas hou die naweek van 13 tot 15 September hulle 45-jaar reünie by die Forever Resort Loskopdam. Kontak vir Marietjie Peach (sy was Claassens) by 0825747547 of Thinus van Jaarsveld by 0798966654. Vir meer inligting e-pos : tinus.vanjaarsveld@flymcc.co.za


Laat 'n boodskap
  1. Melodie Veldhuizen   On   Maart 26, 2019 at 7:51 nm

    Dit het geklink na ‘n Countryfees, R80-00Goeienaand. Vanoggend het ek so in die verbygaan gehoor maar die meeste inligting gemis. Dit het geklink na ‘n Countryfees, R80-00 per volwassene. Maar ek het nie gehoor waar en wanneer nie en ook nie die kontakbesonderhede nie.

  2. Erma Janse van Rensburg   On   Mei 24, 2019 at 6:49 vm

    NG Kerk Wolberg, Tzaneen. Basaar 31 Mei en 1 Junie. Bullietjie Rugby, Trompoppies,Ons gewilde sosaties,en al die ander basaar kos.

  3. Attie Boshoff   On   Mei 27, 2019 at 3:06 nm

    AP Kerk Pretoria-Oos bied ‘n Skoolverlaterskamp aan van 16-22 Junie 2019 te Esperanza (tussen Viljoenskroon en Vredefort). Baie skoolverlaters wat die kamp bygewoon het, sal sê dat die kamp dié hoogtepunt van jou skoolloopbaan is.

    Dit is ‘n geestelike kamp waar mens (tussen baie pret en kameraadskap deur) toegerus word vir die lewe na skool. Die kamp sal alle verwagtinge oortref, en dit kom met ‘n geld-terug-waarborg…

    Kontak ds. Attie Boshoff by attie.boshoff@apk.co.za vir meer inligting en inskrywingsvorms.

  4. Yvette Lamberts   On   Junie 10, 2019 at 10:52 vm

    Laerskool Pierneef in Pretoria Moot bied ‘n Damesoggend aan saam met Sorina/Flooze op 20 Julie 2019. Daar is ook ‘n Wintersmark met talle stalletjies van handsakke en serpe, juwele en krale tot wynproe en ‘n Jenewerkroeg! Definitief ‘n kueiergeleentheid wat nie gemis kan word nie. Kaartjies is R150, en sluit middagete in. Kontak die skool vir meer inligting of kaartjieverkope.

  5. Yvette Lamberts   On   Junie 10, 2019 at 11:00 vm

    * Augustus hou Laerskool Pierneef ‘n Musiekfees wat niemand mag mis nie!!! Dirk vd Westhuizen en die nuwe groep “Tussen Sterre” gaan optree en vir hope vermaak sorg!! Kom honger, want daar is talle Foodtrucks met die allerheerlikste kosse te koop asook kindervermaak vir die kinders. Kaartjies is R100/volw en R80/kind en is beskikbaar by Laerskool Pierneef of kontak Yvette by yvettelamberts@icloud.com

  6. Leon Jansen   On   Junie 26, 2019 at 10:20 vm

    Goeie more, daar was vanoggend ‘n pos oor die radio ge adverteer vir ‘n pos in die Congo.Persoon wat geskakel moet word is Gerrie OOsthuizen. Ek kon nie sy telefoon nommer afskryf nie, ek sien ook nie die pos op julle blad nie. Kan julle so gaaf wees en die besonderhede vir my e-pos. Dankie

    • Karen   On   Junie 27, 2019 at 10:28 vm

      WERKSGELEENTHEDE: 26 JUNIE

      Ek is op soek na iemand wat gesond is, met n paspoort om in die Demokratiese Republiek van die Kongo te gaan werk.
      Geen ondervinding word benodig nie opleiding sal verskaf word. Enige ouderdom selfs pensioenarisse. Solank die person van avontuur en die buite lewe hou.
      Dis baie dringend ons vetrek oor twee weke.
      As u miskien my nommer kan deurgee op u program, sal ek dit baie waardeer.
      Baie dankie,
      Groete
      Gerrie Oosthuizen
      0825684245

      • Paul Nel   On   Julie 20, 2019 at 10:36 vm

        Ek is opsoek na n pos as swaarvoertuig bestuurder asseblief. Het n kode 10 met pdp en 16 jaar +ondervinding busse en trokke. Verkieslik in pretoria omgewing tans werkloos dadelik beskikbaar. 54 jaar oud en gesond.

        • Karen   On   Julie 23, 2019 at 9:55 vm

          Beste Paul
          Ongelukkig soek ons nie werk vir mense nie. Ons saai slegs werksgeleenthede soos verskaf deur werkgewers uit en wel op Woensdae. Hierdie is ‘n gratis diens en werkgwers kan net hulle beskikbare poste aan ons e-pos by bg adres. Hierdie geleenthede word ook op ons webwerf geplaas vir die hele week sodat luisteraars dit kan sien sou hulle die program misloop.: Ek deel graag die skakel:
          http://www.pretoriafm.co.za/kontreidagboek-werksgeleenthede-reunies/

          U kan ook Moreletapark gemeente se werksoekspan kontak: Kyk hier….

          Ek bedryf die Skatkisbediening by Moreletapark Gemeente. Dit is ‘n werksoeker en werkgewer projek, Werkgewers stuur poste wat by hulle firmas beskikbaar is na my epos adres en ek stuur dit uit op bulkmail na die 1900 persone wie op die skatkisdatabasis geregistreer is. As jy dan kwalifiseer en belangstel in ‘n pos stuur jy jou CV direk na die werkgewer. Ek het op Woensdagoggende ‘n skatkisbyeenkoms hier, waar werksoekers hiernatoe kom en bietjie gesels oor hulle behoeftes, oor ‘n koppie koffie en beskuit.
          Vir meer inligting skakel my – Lorraine Erasmus
          t. 012 997 8104; f. 0866876687
          epos: Lorraine@moreleta.co.za/skatkis@moreleta.co.za
          Sekretaresse en Administratiewe Beampte
          Eksterne Fokus

          Alternatiewelik kan mense ‘n cv stuur na Esté de Klerk . Hulle is ‘n personeelagentskap
          Groete Karen Zeelie

  7. fred van der flaes   On   Julie 15, 2019 at 10:59 vm

    Ek is n pensionaris met goede gesondheid ek is op soek na n kamer om te huur,enige stil plek😃
    Het jare in die telekommunkasie bedryf gewerk en het n diploma van die Technikon.
    kan altyd help met allerlei klein werktjies by die huis.
    Kontak my asb:076 8277 461

  8. Richard   On   Julie 22, 2019 at 10:18 vm

    goeie more, ek soek asb. na kontak besonderhede van die Sink restaurant waaroor Jaque Botes op Saterdag met, ek dink Willie Strauss praat. volgens my ore is die restaurant in Cullinan.
    baie dankie
    Richard

  9. Jacobus Steyn   On   Julie 22, 2019 at 1:39 nm

    Goeie more.
    Ek benodig asb dringend ‘n betrekking. Ek het Matriek en N3. Ek het 18 jaar ondervinding as ‘n Diesel en Eart moving equipment werktuigkundige. Ek het by verskeie myne en Civil Engineering maatskappye, die DRC and ook Angola gewerk. Ek is beried om te hervestig indien noodsaaklik. Skakel Jacobus 0606892025

    • Karen   On   Julie 23, 2019 at 9:50 vm

      Beste Mnr Steyn

      Ongelukkig soek ons nie werk vir mense nie. Ons saai slegs werksgeleenthede soos verskaf deur werkgewers uit en wel op Woensdae. Hierdie is ‘n gratis diens en werkgwers kan net hulle beskikbare poste aan ons e-pos by bg adres. Hierdie geleenthede word ook op ons webwerf geplaas vir die hele week sodat luisteraars dit kan sien sou hulle die program misloop.: Ek deel graag die skakel:
      http://www.pretoriafm.co.za/kontreidagboek-werksgeleenthede-reunies/

      U kan ook Moreletapark gemeente se werksoekspan kontak: Kyk hier….

      Ek bedryf die Skatkisbediening by Moreletapark Gemeente. Dit is ‘n werksoeker en werkgewer projek, Werkgewers stuur poste wat by hulle firmas beskikbaar is na my epos adres en ek stuur dit uit op bulkmail na die 1900 persone wie op die skatkisdatabasis geregistreer is. As jy dan kwalifiseer en belangstel in ‘n pos stuur jy jou CV direk na die werkgewer. Ek het op Woensdagoggende ‘n skatkisbyeenkoms hier, waar werksoekers hiernatoe kom en bietjie gesels oor hulle behoeftes, oor ‘n koppie koffie en beskuit.
      Vir meer inligting skakel my – Lorraine Erasmus
      t. 012 997 8104; f. 0866876687
      epos: Lorraine@moreleta.co.za/skatkis@moreleta.co.za
      Sekretaresse en Administratiewe Beampte
      Eksterne Fokus

      Alternatiewelik kan mense ‘n cv stuur na Esté de Klerk . Hulle is ‘n personeelagentskap
      Groete Karen Zeelie

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Current track

Title

Artist