Bartholomeusnag

Deur on Augustusus 23, 2019

Nuuskommentaar: 23 Augustus

Gereformeerde kerke herdenk elke jaar op die Sondag naaste aan 24 Augustus die Christen martelare, die mense wat ter wille van hulle geloof gely het en gesterf het.

Martelare is bekend in die geskiedenis van die Christendom.  Dit het begin met Jesus self, wat deur die Romeinse owerheid gekruisig is.  Daarna lees ons van Stefanus, die eerste diaken in Jerusalem, wat deur die Fariseërs en die Joodse leiers gestenig is. Keiser Nero se vervolging van die Christene in Rome is bekend, onder andere dat die Christene ten aanskoue van almal in die arena vir die leeus gegooi is. 

Vandaar die bekende spreekwoord uit die vroeë kerk: Die bloed van die martelare is die saad van die kerk… 

Maar waarom 24 Augustus?  Dit kom uit die geskiedenis van die Kerkhervorming.  Op Saterdag 23 Augustus en Sondag 24 Augustus 1572, 437 jaar gelede, is meer as 2000 Franse Protestante (of Hugenote) in Parys deur die Franse koning om die lewe gebring.  Die gebeure staan ook bekend as die Bloedbruilof van Parys, omdat dit tydens die huwelik van prins Hendrik van Navarre plaasgevind het.  Die adel en leiers van die Franse Hugenote het in Parys saamgetrek vir die prins se huwelik wat die Saterdag plaasgevind het.  Deur die loop van Saterdagnag en Sondagoggend vroeg, is hulle aangeval uitgemoor

Daar is verskeie redes waarom die Franse koning so opgetree het.  Eerstens was hy lojaal teenoor die Rooms-Katolieke Kerk. Hy was van mening dat dit sy plig as koning  was om die posisie van die pous en die Roomse te beskerm.

Tweedens het daar ook bepaalde regsbeginsels gegeld, naamlik die ius majestatis en die eius regio cuius religio beginsels wat die koning toegelaat het om so op te tree.  Daarvolgens het die koning (1) absolute mag en (2) kan die koning bepaal aan watter godsdiens sy onderdane moet behoort.  Omdat die Protestante in opstand gekom het teen die koning se besluit oor godsdiens, het die Franse koning sy onbeperkte magte gebruik en opdrag gegee dat die Protestante vervolg en uitgewis moes word.  Die gevolg was dat die Franse Hugenote oor die hele wêreld gevlug het, onder andere na Suid-Afrika. 

Hierdie soort optrede van konings (daar is ook ander voorbeelde) het die stimulus gebied vir die ontwikkeling van demokrasie, godsdiensvryheid en die beginsel wart in ons Grondwet verskans is, naamlik dat almal (insluitend die staatshoof) aan die wette en Grondwet van die land onderworpe is.


Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Current track

Title

Artist