MEER OOR ONS

WIE IS ONS EN WAAR KOM ONS VANDAAN

Pretoria FM is ‘n gemeenskap-gebaseerde radiostasie gevestig in Pretoria, Suid-Afrika. Ons programme is gerig op Afrikaners wat passievol is oor musiek. Ons saai 24 uur per dag uit op 104.2 FM.

Ons Programme

Kliek hier VIR meer inligting oor ons programme

KONTREIDAGBOEK EN WERKSGELEENTHEDE

Kontreidagboek en Werksgeleenthede

KONTREIDAGBOEK

Die AP Kerk Pietersburg se Susters bied ‘n Damestee aan met Dr Hannelie Groenewald as Gasspreeker op Saterdag 24 Februarie 2018 om 10:00 by die Pietersburg Klub.  Vir enige navrae. Skakel Michelle Andrin by  071 […]

NUUSKOMMENTAAR

Nuuskommentaar

Nuuskommentaar: 22 Februarie

President Ramaphosa

 

Dit mag miskien vreemd klink, maar daar is iets van die Jacob Zuma – era wat reeds gemis word.

Uiteraard mis niemand die ongebreidelde korrupsie en plundering van die staatskas nie. Nog minder […]

Facebook

Die jaarlikse Pretoria FM Begrotingsrede-bespreking was weereens ‘n groot sukses. Baie dankie aan ons paneellede Willem Smit, Izél du Plessis, Dawie Maree, Dawie Klopper en Andries Nel en aan elke personeellid wat hard gewerk het om die geleentheid moontlik te maak.
Kleinkaap Boutique Hotel
... Sien MeerSien Minder

Besoek ons op Facebook

President Ramaphosa

Dit mag miskien vreemd klink, maar daar is iets van die Jacob Zuma – era wat reeds gemis word.
Uiteraard mis niemand die ongebreidelde korrupsie en plundering van die staatskas nie. Nog minder mis ons die kultuur van boewery wat oor ‘n tydperk van 10 jaar so sterk posgevat het in ons polisiediens en selfs die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en lank gaan neem om uit te wis nie – ons kan dit nie mis nie want daar is elemente daarvan nog baie sterk teenwoordig.
Wat ons wel mis, is die gees van eensgesindheid onder gewone Suid-Afrikaners oor hulle verwerping van korrupsie en magsmisbruik. Daardie gees van eensgesindheid het verlede jaar sterk geloop. Baie het gehoop en geglo dat dit ‘n nuwe politieke dinamika sou skep waarin links en regs, swart en wit sou verenig oor die noodsaak van skoon regering, goeie dienslewering en ‘n gedeelde toekoms met goeie ekonomiese groeivooruitsigte.
Toe kom Vrydagaand se staatsrede en die inhoud daarvan laat meeste van ons glo dat die nuwe era aangebreek het, behalwe vir die een of twee vals note: verlede jaar het Zuma gereeld begin praat van onteiening van grond sonder vergoeding. In Desember hy aangekondig dat gratis onderrig vanjaar ingevoer gaan word en universiteite in ‘n krisis gedompel. Almal het geglo dis “populistiese retoriek” om sy eie probleme te verbloem. President Ramaphosa het Vrydagaand al die “populistiese retoriek” herhaal. Die keer sonder die EFF wat hom doodskreeu en met selfs ‘n gedeelte van die DA koukus wat hom geesdriftig toejuig.
Die parlementêre verslaggewer, Jan-Jan Joubert het onlangs in ‘n resensie met die opskrif “Agter die silwer tong en koue oë”, oor Ray Hartley se biografie, Ramaphosa: The Man Who Would be King in Rapport geskryf oor ‘n aantal van Ramaphosa se aanhalings wat hom koue rillings gegee het. Een daarvan was dat Ramaphosa, terwyl hy in aanhouding was geleer het “vriende is soos teesakkies, jy kook die water en gebruik hulle een maal”.
Die ongenaakbare beslistheid waarmee Ramaphosa in sy repliek op die staatsrededebat die “noodsaak” van onteiening sonder vergoeding as oplossing van die land se probleme voorgehou het, het die EFF sprakeloos gelaat oor die verlies van hulle groot “verkoopspunt” en die DA sigbaar in drie kampe geplaas op grond van die ideologiese en rasseverdelings binne die party wat in die proses beklemtoon is.
Die een ligpunt in die debat was die leier van Cope, Mnr Mosiua Lekota se herhaaldelike vraag aan Ramaphosa wie is “our people” en wie moet almal onteien word. Lekota is dermate deur sowel die ANC as die EFF uitgejou dat die rubriekskrywer Max du Preez dit ook as ‘n laagtepunt van die staatsrede debat uitsonder. Maar Lekota is met rede so uitgejou. Met sy retoriese vraag het hy die diep rassistiese ondertoon in ANC en EFF beleidsrigtings ontbloot.
Die skrywer Ivo Vegter skryf vroeër die week in ‘n rubriek in Daily Maverick dat President Cyril Ramaphosa se ontsaglike persoonlike rykdom te midde van die oorvloed van armoede in die land nie van hom ‘n mindere sosialis maak nie, dit maak net van hom ‘n skynheilige sosialis. Hy sluit sy artikel so af: “The far more dangerous evil is that committed by a person who is intelligent and well-educated, who appears well-meaning, and who expresses his intentions with charm and charisma. That, in essence, is the difference between Jacob Zuma and Cyril Ramaphosa.”
Na die president se repliek op die staatsrede debat stem ons saam met Vegter.
... Sien MeerSien Minder

Besoek ons op Facebook

Hennie Koortzen en Estel Cronjé was vanaand die gasheer en gasvrou by AfriVriendelik, 'n inisiatief van Afriforum se Tinteltong toekennings vir Afrikaansvriendelike sakeondernemings en -idees. ... Sien MeerSien Minder

Besoek ons op Facebook

Die Jaarlikse BEELD VAKANSIESKOU, by die Gallagher Convention Centre in Midrand, beloof om die jaar nòg groter en nòg beter te wees! Bring jou hele gesin en kom geniet die naweek saam met hope uitstallers vanaf 23 – 28 Februarie 2018. Kaartjies is beskikbaar vanaf R60.00 op www.webtickets.co.za. Vir meer inligting, skakel 083-488-8986 of besoek http://www.holidayshow.co.za. ... Sien MeerSien Minder

Besoek ons op Facebook

Kosovo bewys ingewikkelde pad na selfbeskikking

Blou en geel vlaggies, tydelike verhoë waar kunstenaars optree en ’n groot teenwoordigheid oorsese joernaliste was van die tekens die afgelope naweek in Pristina, die hoofstad van Kosovo, dat hierdie land, een van die jongste in die wêreld, iets het om te vier.

Op 17 Februarie 2008 het Kosovo die jongste land in Europa geword. Dié streek se onafhanklikheidsverklaring van Serwië het wye steun in veral Westerse lande geniet en 112 lidlande van die Verenigde Nasies erken vandag Kosovo as ’n onafhanklike land. In Europa erken 23 van die 28 lidlande van die Europese Unie Kosovo se onafhanklikheid. Tog is die status van Kosovo, tien jaar na onafhanklikheid, nie ’n uitgemaakte saak nie met Serwië wat dit steeds ontken en Kosovo wat nog nie daarin kon slaag om lid van die Verenigde Nasies te word nie omdat beide Rusland en China hul aansoek teengestaan het.

Kosovo het ’n ryk geskiedenis en is oor die die afgelope een duisend jaar deur onder andere die Romeine, die Bisantyne, die Bulgare en die Serwiërs beheer. Vanaf die vyftiende tot die vroeë twintigste eeu is Kosovo deur die Ottomaanse Ryk beheer en het grootskaalse Islamisering plaasgevind wat ook verduidelik waarom meer as 96% van die burgers van Kosovo vandag Moslems is.

Kosovo het soos die grootste deel van die Balkan gedurende die twintigste eeu oorloë en kommunistiese oorheersing beleef en die stryd tussen Kosovo se Albaniërbevolking en Serwiërs het in die Kosovo-oorlog van 1998 tot 1999 tot grootskaalse bloedvergieting aanleiding gegee.

Hoewel die reg tot selfbeskikking sekerlik vir die Albaniërs van Kosovo ’n sterk argument en die nodige regverdiging om onafhanklikheid te kon verklaar, gegee het, is talle kwessies oor die grense van Kosovo, die regte van die Serwiese minderheid in Kosovo en die verhouding tussen Serwië en Kosovo nog onopgelos.

Baie Serwiërs beskou Kosovo as die hart van Serwië en talle belangrike Serwiese kulturele en geloofsterreine is in Kosovo geleë.

Hoewel Kosovo oor die afgelope tien jaar redelike stabiliteit en ’n gemiddelde ekonomiese groei van vier persent per jaar beleef het, het die land ernstige uitdagings soos die emigrasie van top geskoolde jongmense, werkloosheid onder die jeug van sowat 50% en hoë vlakke van korrupsie.

Volkere soos die Albaniërs van Kosovo, die Katalane van Spanje en die Koerde in Sirië, Irak en Turkye het die reg tot selfbeskikking net soos talle andere volkere regoor die wêreld. Terwyl Kosovo se stryd om onafhanklikheid die afgelope tyd seker bo-aan die lys van suksesvolle pogings staan, bevestig die afgelope tien jaar se gebeure ook die kompleksiteit van selfbeskikking.

Geen finale oplossing is nog vir Kosovo gevind nie. Voorstelle word gemaak dat lidmaatskaplik van die Verenigde Nasies aan Kosovo toegestaan kan word mits die land die noordelike streek waar baie Serwiërs woon aan Serwië afstaan. Maar sal dit nie die klein Serwiese minderheid in Sentraal Kosovo dan nog meer blootstel nie? En hoe gemaak met eeue-ou terreine wat vir Serwiërs bykans heilig is?

Die onafhanklik van Kosovo is belangrik vir selfbeskikking, maar wat die Balkan, Midde-Ooste en groot dele van Afrika bewys is die problematiek van grense wat nie met kultuursensitiwiteit daargestel is nie. In al hierdie streke maak kolonialistiese en na-oorlogse grense van talle volkere ontmagtigde minderhede. Hierop is meer omvattende antwoorde nodig. ’n Kreatiewe ontlonting van die Kosovo-vraagstuk oor die volgende paar jaar mag dalk ook vir ander volkere help antwoorde bied.
... Sien MeerSien Minder

Besoek ons op Facebook
Hearing test provided by hearX Group